Bosveld SportSport

4×4-pret in buitelug

DIE Mokopane Noodforum wil graag die gemeenskap hartlik bedank vir die wonderlike ondersteuning wat ons Saterdag, 25 Julie ontvang het by ons 4x4-dag.

MOKOPANE – DIE Mokopane Noodforum wil graag die gemeenskap hartlik bedank vir die wonderlike ondersteuning wat ons Saterdag, 25 Julie ontvang het by ons 4×4-dag.

Die opkoms van deelnemers en toeskouers was ver bo verwagting. Ons wil net graag weer die organiseerders Fred Cooper, Abie Cooper en Hannes van Wyk hartlik bedank en dan ook al die besighede wat die dag vir ons geborg het en skenkings gegee het.

Dankie aan Fred Beytel, Midas, BB Auto, Gilbertson panneelkloppers, G&T Mechanical services, Dot Afri, MGM Motors, Talisman,H& F Hydraulics, Keystone Milling, Maximum Marketing, P.J.P. Sekuriteit.

Dan ook al die deelnemers wat gesorg het vir die dag se hope aksie, opwinding en pret. Almal het dit terdeƫ geniet nogmaals baie dankie.

Ons sal graag weer in die toekoms so ‘n dag wil aanbied.

Eulogia de Wet, maatskaplike werker van die Noodforum.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button