Bosveld SportSport

Pedale sorg vir groot plekke in Hittefees

HOEWEL die Mokopane fietsryklub nog in sy babaskoene staan het van die lede verlede naweek tydens die Hittefees op Phalaborwa weer gewys hulle staan glad nie terug vir die hardebaarde van ander klubs nie.

MOKOPANE – HOEWEL die Mokopane fietsryklub nog in sy babaskoene staan het van die lede verlede naweek tydens die Hittefees op Phalaborwa weer gewys hulle staan glad nie terug vir die hardebaarde van ander klubs nie.

Lané du Plessis was die eerste junior in die vroueafdeling wat oor die wenstreep is en was algeheel die vierde vrou wat in die 40 km bergfietswedren klaargemaak het.

Haar pa, Hein, was tweede in die 70km wedren en eerste in die veteraanafdeling.

Carel en Arno Smit is twee boeties wat deesdae naam maak in dié sportsoort.

Arno was algeheel tweede in die 20km wedren en Carel algeheel 6de in 40km wedren.

Carel het ook derde geeïndig in die jeugafdeling.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button