Bosveld SportSport

HPP na Limpopo-finaal

DRIE top hokkiespanne van Hoërskool Piet Potgieter (HPP) gaan in die Limpopo-finaal speel op 1 Augustus.

MOKOPANE – DRIE top hokkiespanne van Hoërskool Piet Potgieter (HPP) gaan in die Limpopo-finaal speel op 1 Augustus.

Hulle gaan ook op die veld uitdraf tydens die uitspeelwedstryde van die Noordvaal-trofee later vanjaar.

Die hokkiespelers van verskeie uitblinkskole in Limpopo het verlede Saterdag op HPP se velde tydens die semi-finaal behoorlik kragte gemeet en vir genoeg naelbytaksie gesorg. Dit was duidelik vanaf die eerste bal vroegoggend geslaan is dat elke speler gemotiveerd is om hul beste te lewer.

“Ek het gedink rugby is ‘n kontaksport wat die adrenalien laat styg tot ek vandag hierdie hokkiewedstryde beleef het,” het een van die toeskouers langs die veld opgemerk.

Die eerstehokkiespan het die toeskouers opgewonde gehou in ‘n kopstamp-wedstryd teen Hoërskool Hans Strijdom.

Na die eerste aksiebelaaide helfte het nie een van die spanne punte aangeteken nie. Die tweede helfte het die hokkie-bokkies behoorlik hul harte uitgespeel en Janke Blount van HPP het die wen doel aangeteken. Die vreugde was groot toe die eindfluitjie blaas en Piet Pot se spelers hulself op die skouer kon klop met ‘n 1 – 0 oorwinning.

HPP se groentjies, die o/14’s, het als ingesit en Hoërskool Warmbad met 1 – 0 in ‘n tawwe wedstryd geklop, terwyl die o/16-hokkiespan ook seëvier teen Hoërskool Merensky met ‘n telling van 2 – 0.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button