Langasems voltooi 90ste Comrades

NA MAANDE se intensiewe oefening het die lede van die Potties Atletiekklub verlede Sondag dou voor dag weggespring tydens die grootste ultra-marathon ter wêreld, die 90ste Comrades marathon.

MOKOPANE – NA MAANDE se intensiewe oefening het die lede van die Potties Atletiekklub verlede Sondag dou voor dag weggespring tydens die grootste ultra-marathon ter wêreld, die 90ste Comrades marathon.

Die marathon het meer as 22 000 drawwers van regoor die wêreld gelok en die lede van die Potties Atletiekklub het die uitmergelende tog van 87, 7km van Durban tot Pietermartizburg kaf gedraf.

Lucas Khalo het die Comrades vir die eerste keer aangepak en spog met ‘n gesogte silwer medalje met ‘n tyd van 7:27 min.

Werner van der Berg pronk met ‘n Bill Rowan-medalje en ‘n tyd van 8:43 min, terwyl James Winch die marathon ook vir die eerste keer kaf gedraf met ‘n tyd van 8:57 min en hy raap dus ‘n Bill Rowan-medalje op.

Hannes Nel spog met ‘n brons medalje en ‘n tyd van 9:23 min, Estelle Geerkens, ook ‘n nuweling in die Comrades veld, raap ‘n brons medalje op met ‘n tyd van 9:37 min. Johannes Molokomme voltooi die marathon met ‘n tyd van 10:29 min en palm ‘n brons medalje in, terwyl Sarie Coetzee, Walter van Wyk, Liesl de Beer en Cecilia Ferreira die ultra-marathon in minder as 12 ure voltooi en Vic Clapham medaljes gekry het.

Dit is ook die eerste keer sedert 1992 dat Suid-Afrikaners in beide die mans- en vroueafdeling as wenners gekroon word, Gift Kelehe is die wenner in die mansafdeling met ‘n tyd van 5:38 min en Caroline Wostmann is die wenner in die vroueafdeling met ‘n tyd van 6:12 min.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version