Bosveld SportSport

Atlete reg vir Comrades

DIE 90ste Comrades Marathon skop Sondag in Durban af en die lede van die Potties Atletiekklub is reg vir die aksie.

MOKOPANE – DIE 90ste Comrades Marathon skop Sondag in Durban af en die lede van die Potties Atletiekklub is reg vir die aksie.

In 1921 het slegs 34 atlete in die vroeë oggendure van 24 Mei weggespring aan wat vandag bekend is as die grootste ultra-marathon in die wêreld en die tradisie is jaarliks voortgesit behalwe van 1941 -1945 as gevolg van die oorloë.

Nou, is dit 90 jaar later en die inskrywings is al meer as 22 000 waarvan 13 dapper drawwers met hope uithouvermoë lid is van die Potties Atletiekklub.

Die atlete spring om 05:30 Sondagoggend vanaf die stadsaal in Durban weg en eindig 90 km later by die Oval krieketstadion in Pietermartizburg.

Die eerste 10 mans en vroue wat die wenstreep oorsteek verower ‘n goue medalje, ‘n Wally Hayward medalje word verdien indien jy die marathon binne 6 ure voltooi, ‘n silwer medalje word verwerf as jy die marathon binne 7 ure en 30 minute voltooi. Indien jy die marathon binne 9 ure kaf draf verwerf jy ‘n Bill Rowan medalje en om ‘n brons medalje in te palm moet jy die marathon binne 11 ure voltooi. Om ‘n Vic Clapham medalje op te raap moet jy die marathon binne 12 ure voltooi. Estelle Geerkins, Gert Pretorius, Cecilia Ferreira, James Winch en Lucas Khalo vat die wêreld bekende ultra-marathon vir die eerste keer aan. Johannes Molokome het al agt Bill Rowan en drie brons medaljes opgeraap, Werner Krafft het een brons en twee Vic Clapham medaljes onder die belt, Sarie Coetzee spog met 15 brons en drie Vic Clapham medaljes, Walter van Wyk het al nege brons en een Vic Clapham medalje los gedraf, Liesl de Beer het al ses brons en een Vic Clapham medalje opgeraap en die 72-jarige PC Botha spog met 21 brons en drie Vic Clapham medaljes.

Bosveld wens al die atlete voorspoed toe.

Related Articles

Back to top button