Nog ‘n wedren op hul atletiek-kerfstok

DIE fikse en flukse lede van die Potties Atletiekklub het nog 'n wedren onder die knie nadat hulle die 28 km wedloop verlede naweek in Modimolle kafgedraf het.

MOKOPANE – DIE fikse en flukse lede van die Potties Atletiekklub het nog ‘n wedren onder die knie nadat hulle die 28 km wedloop verlede naweek in Modimolle kafgedraf het.

Die volgende lede het die wedren voltooi, Lukas Khalo, (1:44 min), Estelle Geerkens, (2:16 min), Werner Krafft, (2:39 min), Hannes Engelbreght, (2:45 min), Aubrey Baloyi, (2:46 min), Sarie Coetzee en Cecelia Ferreira in (3:07 min), Katija Essack, (3:12 min), Gert Pretorius, Farial Hoosen, Tazneem Omar en Cheraye Engelbreght in (3:19 min).

Die lede van die Potties Atletiekklub spog met hul welverdiende medaljes.
Exit mobile version