Klub kroon kampioene

DAAR is verlede naweek behoorlik gholf gespeel by die Kameeldoring gholfbaan toe sowat 80 van Mokopane se top gholfspelers hul slag kom wys het tydens die jaarlikse Kameeldoring gholfklubkampioenskappe.

MOKOPANE – DAAR is verlede naweek behoorlik gholf gespeel by die Kameeldoring gholfbaan toe sowat 80 van Mokopane se top gholfspelers hul slag kom wys het tydens die jaarlikse Kameeldoring gholfklubkampioenskappe.

Die eerste bal is reeds vroeg Vrydagoggend afgeslaan en na ‘n tawwe kompetisie is die volgende spelers laat Saterdagmiddag tydens die prysuitdeling in verskeie afdelings as wenners aangewys:

Cameron Nesmith het koning gekraai met ‘n 142 gross telling en is as klubkampioen gekroon.

John Lehman het skoonskip gemaak met ‘n 139 nett telling en het die gesogte titel as nett kampioen verower.

Elzette Badenhorst het die titel as vrouekampioen ingepalm met ‘n 171 gross telling.

Keith Freeman is aangewys as die senior kampioen met 81 punte en Robert Fatana is aangewys as junior kampioen met ‘n 153 gross telling.

Koos Meyer raap die titel karretjiekampioen met 77 punte op.

Antony Hawken is die wenner in die A-afdeling met 144 gross telling.

Mauritz Mahne is die wenner in die B-afdeling met 164 gross telling en Henk Neetling is as wenner aangewys in die C-afdeling met 76 punte.

Die Kameeldoring gholfklub bedank die volgende borge vir hul bydrae tot ‘n suksesvolle dag:

Fred en Adri Beytell, Wynand Swanepoel en Viljoen Beverages.

Exit mobile version