Vurige skuts wys hulle vernuf

VURIGE skuts van die Potgietersrus CVO-skool, Laerskool Krugerpark en Hoërskool Piet Potgieter het op Saterdag, 18 April in Tzaneen aan die Hoërskool Ben Vorster skietkompetisie deelgeneem en uitstekend presteer.

MOKOPANE – VURIGE skuts van die Potgietersrus CVO-skool, Laerskool Krugerpark en Hoërskool Piet Potgieter het op Saterdag, 18 April in Tzaneen aan die Hoërskool Ben Vorster skietkompetisie deelgeneem en uitstekend presteer.

Adriaan Steyn van Hoërskool Piet Potgieter het behoorlik sy skiet vernuf ten toon gestel en raap ‘n algehele eerste plek op in die o/21-veerafdeling in die 3P, (lê, staan en knielposisie), in die 10m staanposisie asook in die groottotaal.

Adriaan word ook gekroon as die veerskut van die dag.

Joline de Beer van Hoërskool Piet Potgieter raap ‘n algehele eerste plek op in die o/16-veerafdeling in die drie posisie afdeling, in die 10m staanposisie, asook in die groottotaal.

Die 12-jarige Adrian Hurn van Laerskool Krugerpark het in die o/14-veerafdeling in die drie posisies ‘n eerste plek opgelewer en in die 10 m staanafdeling ‘n vierde plek. Adriaan skiet ‘n algehele eerste plek los in die o/14-veerafdeling.

Pieter Venter het in die o/14-veerafdeling ‘n sesde plek behaal in die drie posisies, ‘n sesde plek in die 10m-afdeling en hy behaal ‘n algehele sesde plek in die groottotaal. Zelda Genis van die Potgietersrus CVO-skool het in die o/21-sporterafdeling ‘n tweede plek losgeskiet in die drieposisieafdeling, ‘n derde plek in die 10m staanafdeling en is algeheel derde gekroon.

Janco Meiring van Hoërskool Piet Potgieter het in die o/21-sporterafdeling in die drie posisies ‘n derde plek ingepalm, ‘n gesogte eerste plek in die 10m staan afdeling en hy het ‘n eerste plek opgeraap in die groottotaal.

Exit mobile version