Tarentale, Pietersburg gunstelinge tydens jukskeiliga

Verskeie klubs van regoor die provinsie het Saterdag aan die jaarlikse jukskeiliga deelgeneem met Pietersburg Jukskeiklub en die Tarentale Jukskeiklub van Mokopane wat in die onderskeie afdelings geseëvier het. In die A-afdeling het die Tarentale die oorhand gekry en die tweede en derde plek vir Pietersburg en Nylstroom Jukskeiklub gelaat. Tarentale het ook die ander …

Verskeie klubs van regoor die provinsie het Saterdag aan die jaarlikse jukskeiliga deelgeneem met Pietersburg Jukskeiklub en die Tarentale Jukskeiklub van Mokopane wat in die onderskeie afdelings geseëvier het.
In die A-afdeling het die Tarentale die oorhand gekry en die tweede en derde plek vir Pietersburg en Nylstroom Jukskeiklub gelaat. Tarentale het ook die ander spanne in die C-afdeling uitgestof terwyl Nylstroom die tweede plek verower het en Soutpan Jukskeiklub van Louis Trichardt in die derde plek geëindig het.
Pietersburg was te sterk vir die ander spanne in die B-afdeling en Soutpan en Tarentale moes met die tweede en derde plek onderskeidelik tevrede wees.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Anton Botha van Pietersburg Jukskeiklub in aksie tydens die liga.
Tarentale se Fanus Genis met die perfekte draaiskei.
Exit mobile version