Byna 500 atlete ding mee in vanjaar se Hanlie Steyn-wedloop

Die vierde Hanlie Steyn Memorial Race is Saterdag goed onder­steun deur ongeveer 500 atlete wat nie deur die koue afgeskrik is nie. Die geleentheid het ‘n 5 km, 10 km en 21,1 km wedloop vir amateurs sowel as professionele atlete gebied. Pelly Lamola van Polokwane Athletics Club (PAC) was die eerste man in die 21,1 …

Die vierde Hanlie Steyn Memorial Race is Saterdag goed onder­steun deur ongeveer 500 atlete wat nie deur die koue afgeskrik is nie.
Die geleentheid het ‘n 5 km, 10 km en 21,1 km wedloop vir amateurs sowel as professionele atlete gebied. Pelly Lamola van Polokwane Athletics Club (PAC) was die eerste man in die 21,1 km met ‘n tyd van 1:11.21 terwyl Elsabe Cronjé van Run/Walk for Life (RW4L) se tyd van 1:35.37 haar ‘n eerste plek in die vroue-afdeling besorg het. Sy is ook die eerste meestervrou.
Ander plaaslike atlete wat goed presteer het is Alfred Ngoasheng (PAC) en Johan van der Merwe (Pie­tersburg Road Runners) wat onderskeidelik tweede en derde plek in die afdeling vir mans 40-49 jaar behaal het. Bobby Sacco van (RW4L) was die eerste grootmeester met ‘n tyd van 1:38.23.
In die 10km het J Manganye eerste in die mans-afdeling met ‘n tyd van 33:29 geëindig terwyl J Motanyane die vroue-afdeling met ‘n tyd van 44:22 oorheers het.
Plaaslike atlete het ook hier goed presteer met Bethuel en Joyce Netshitenze wat onderskeidelik die tweede plek in die mans- en vroue-afdeling van die 10 km ingeneem het. Bethuel is ook die eerste mansatleet in die 40 tot 49 jaar-kategorie.
Die wedloop word jaarliks aangebied ter herdenking aan blinde Comrades Marathon-atleet, Stefan Steyn se oorlede vrou, Hanlie wat hom deur dik en dun bygestaan het ten spyte van haar eie stryd teen kanker.
Steyn het voor die wedloop atlete vir hul ondersteuning bedank en die geleentheid as ‘n wedloop van hoop beskryf. Hy het atlete aangemoedig om die wedloop te geniet en in goeie sportmangees te voltooi.

Volledige uitslae van Hanlie Steyn Memorial Race

10 km mans Ope
J Manganya (33:39)
B Netshitenze
T Mashapo
Meesters
B Netshitenze (34:07)
G Nkosi
P Tleane
Grootmeesters
T Mabotja (44:38)
Amokgana
T Sekete
Grootgrootmeesters
J Kruger (1:13.43)

10 km vroue Ope
J Motanyane (44:22)
J Netshitenze
M Matiba
Meesters
C Ramosibudi (49:29)
T Tsiane-Tease
A Bester
Grootmeesters
A Haupt (55:50)
H Kruger
R Ramapulane
Grootgrootmeesters
Felicity Robberts (1:08.54)
J Owens

21,1 km mans Ope
P Lamola (1:11.21)
C Malatji
T Njelele

Meesters
H Mogala (1:14.16)
A Ngoasheng
J van der Merwe

Grootmeesters
L Seroka (1:14.19)
H Hool
F Mohale

Grootmeesters
B Sacco (1:38.23)
A Masela

21,1 km vroue Ope
E Cronjé (1:35.37)
L Roos
D Cloete
Meesters
C van der Merwe (1:57.12)
L van den Pool
R Nel
Grootmeesters
E Cronje (1:35.37)
N Maré

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Blinde atleet Stefan Steyn saam met sy vrou, Lilly met wie hy in April vanjaar getroud is.
Wenner van die 21,1 km mans-afdeling, Pelly Lamola.
Elsabe Cronjé wen die 21,1 km vroue- sowel as die grootmeester-afdeling.
J Motanyane is die eerste vrou in die 10 km.
Die eerste mansatleet in die 10 km, J Manganye.
Bethuel Netshitenze is tweede in die 10 km en wen ook die meesters­kategorie.
T Mashapo ver­werf die algehele derde plek in die 10 km en is ook die eerste junior atleet.
H Mogala is die eerste meester in die 21,1 km.
C Malatje is die algehele tweede plek wenner in die 21,1 km.
Tabudi Mabotja voltooi die 10 km as eerste meester.
Joyce Netshitenze voltooi gemaklik die 10 km in die tweede plek van die vroue-afdeling.
Amelia Haupt is die eerste grootmeester in die
10 km vir vroue.
Die bekende Felicity Robberts maak groot opslae in die grootgrootmeester-afdeling.
L Seroka is die eer­ste grootmeester in die
21,1 km.
Die tweede meester in die 21,1 km is Alfred Ngoasheng.

 

Exit mobile version