Tour de Polokwane lok leerders van regoor provinsie

Tour de Polokwane, die tweede ronde van die jaarlikse Spur School Mountain Bike League is Saterdag net buite die stad gehou waar hoër- en laerskoolleerders mekaar die stryd aangesê het. Die gesogte bergfietskompetisie is een van die grootste van sy soort en word regoor die land aangebied. In Limpopo word dit in vier rondes aangebied …

Tour de Polokwane, die tweede ronde van die jaarlikse Spur School Mountain Bike League is Saterdag net buite die stad gehou waar hoër- en laerskoolleerders mekaar die stryd aangesê het.
Die gesogte bergfietskompetisie is een van die grootste van sy soort en word regoor die land aangebied. In Limpopo word dit in vier rondes aangebied en deelnemers het reeds vroeg in Julie aan die Tour de Maroela in Lephalale kragte gemeet met die tweede ronde, Tour de Polokwane, wat Saterdag aangebied is.
Die derde ronde, Tour de Plaas word 17 Augustus by Hoërskool Merensky gehou met die vierde en finale ronde, Tour de Lake, op 31 Augustus by Stanford Lake College.
Die nasionale finaal word in Oktober in Magaliesburg gehou.
Die kompetisie word jaarliks gehou om leerders meer blootstelling aan dié sportsoort te bied asook om skole aan te moedig om bergfietsresies as amptelike sport in skole te implementeer.
Die uitslae was teen druktyd nie beskikbaar nie.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Oosskool se Zach Pretorius laat waai.
Exit mobile version