Sport

Kruinies laat Univen les opsê

Kruinies Rugbyklub het onlangs kragte teen die Universiteit van Venda (Univen) op hul tuisveld gemeet en hul opponente met ‘n telling van 38-5 oorrompel. Die wedstryd is deel van die jaarlikse Boet Fickliga en volgens Kruinies se afrigter, Blaar Swanepoel, het Univen sedert die begin van die wedstryd dit duidelik gemaak dat hulle Kruinies met …

Kruinies Rugbyklub het onlangs kragte teen die Universiteit van Venda (Univen) op hul tuisveld gemeet en hul opponente met ‘n telling van 38-5 oorrompel.
Die wedstryd is deel van die jaarlikse Boet Fickliga en volgens Kruinies se afrigter, Blaar Swanepoel, het Univen sedert die begin van die wedstryd dit duidelik gemaak dat hulle Kruinies met mening wil aanvat.
Kruinies het swaar onder Univen se drukkrag in die skrums gebuk gegaan met hul teenstanders wat binne minute vyf punte op die telbord geplaas het.
Kruinies se afrigters het vinnig ‘n paar veranderinge aangebring en die span het gou momentum opgetel om die halftydtelling tot op 12-5 in hul guns te bring.
Tydens die tweede helfte het Krui­nies nie stoom verloor nie en gate in Univen se verdediging gehardloop. Die eindtelling is op 38-5 beslis met Kruinies se Tertius du Plessis, Allen Haw, Tyrone Thomson, Johan Engelbrecht, Tyson Monti en Roland Sandani wat elk n slag agter die doellyn gekuier het.
Jeandré du Plessis het met vier doelskoppe geslaag terwyl JG Booysen as Speler van die Wedstryd aangewys is.
Kruinies speel Saterdag teen Letaba Rugbyklub op Tzaneen.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Tyson Monti van Kruinies op pad doellyn toe.

Related Articles

Back to top button