La Wiida se gholfdag ‘n reuse sukses

La Wiida Leersentrum se jaarlikse gholfdag wat Vrydag by Polokwane Gholfklub gehou is, is soos in die verlede goed ondersteun en die 100 spelers wat deelgeneem het was dit eens dat die puik reëlings van die geleentheid daartoe bygedra het dat ‘n ruim bedrag ten bate van die skool ingesamel is. Die span van Randall …

La Wiida Leersentrum se jaarlikse gholfdag wat Vrydag by Polokwane Gholfklub gehou is, is soos in die verlede goed ondersteun en die 100 spelers wat deelgeneem het was dit eens dat die puik reëlings van die geleentheid daartoe bygedra het dat ‘n ruim bedrag ten bate van die skool ingesamel is.
Die span van Randall Jooste, Joe Mackays, Charles Mara en Phil Mashakane was die wenner met 103 punte, gevolg deur Nichardt van Niekerk, Arnold Venter, Jandré van Niekerk en Gerhard Vos met 100 punte in die tweede plek en Danie le Roux, Anton Lessing, Jaco Laas en Louis Opperman met 98 punte in die derde plek.
Joe Mackays was die naaste aan die pen op die vierde putjie en Ivy Swanepoel die naaste op die 11de putjie. Andrew Brice het die verste dryfhou op die 12de putjie gespeel terwyl Shaun Mouton se dryfhou op die 17de putjie die verste was.
Die dag is afgesluit met ‘n ete en prysuitdeling waartydens die sangpaar Hugo en Andrew vermaak verskaf het.
La Wiida skoolhoof Valerie O’Reilly het die borge en spelers van harte bedank vir hul ondersteuning en in besonder diegene wat elke jaar na vore kom om te help om van die gholfdag ‘n sukses te maak.

Storie, foto’s en video: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Die span van Tzaneen Stoom en Elektries en BB Used Polokwane, Jacque Pelser, Louis du Plessis, Mignon Erasmus en Hennie en Roedolf Botes maak gereed om af te slaan.
Hugo en Andrew verskaf vermaak by La Wiida Leersentrum se gholfdag.
Helgaard Muller slaan af op die tiende putjie.
Exit mobile version