Sport

Pieties-krieket onoorwonne teen Noordheuwel

Die Finsbury-reeks hou elke naweek ‘n paar verrassings in met Hoërskool Pietersburg (PHS) se o.15- en eerstekrieketspan wat hul Saterdag goed van hul taak teen Hoërskool Noordheuwel gekwyt het nadat hulle verlede naweek die onderspit teen Hoërskool Kempton Park gedelf het. Die o.15-span het die voordeel van hul tuisveld goed benut deur die spelers van …

Die Finsbury-reeks hou elke naweek ‘n paar verrassings in met Hoërskool Pietersburg (PHS) se o.15- en eerstekrieketspan wat hul Saterdag goed van hul taak teen Hoërskool Noordheuwel gekwyt het nadat hulle verlede naweek die onderspit teen Hoërskool Kempton Park gedelf het.
Die o.15-span het die voordeel van hul tuisveld goed benut deur die spelers van Noordheuwel eerste ‘n kans voor die paaltjies te gee. Al hul spelers word vir 160 lopies in 33,3 beurte uitgehaal.
PHS haal hul opponente se telling in 32 beurte met vier paaltjies staande in.
Op Noordheuwel se tuisveld in Krugersdorp het die gasheerspan eerste hul paaltjies beskerm en slegs 179 lopies in 50 beurte tydens Pieties se aanslag bymekaar gemaak. Pieties antwoord op hul probeerslag met 180 lopies vir agt paaltjies in 41,5 beurte wat hulle die sege met twee paaltjies staande in die sak besorg.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Gerhard Greeff van PHS se o.15-span tydens die boulbeurt.

Related Articles

Back to top button