Sport

Pietersburg JKA-karatekas beloon tydens prysuitdeling

Lede van Pietersburg JKA Karateklub is tydens hul onlangse prysuitdeling met trofeë vir hul prestasies gedurende die jaar beloon. Die toptoekennings is ontvang deur Fred Scott wat as Karateka van die Jaar en William Malebane wat as Senior Swartgordel van die Jaar aangewys is. Ander toekennings wat gemaak is, sluit in: Dyllan Maritz – beste …

Lede van Pietersburg JKA Karateklub is tydens hul onlangse prysuitdeling met trofeë vir hul prestasies gedurende die jaar beloon.
Die toptoekennings is ontvang deur Fred Scott wat as Karateka van die Jaar en William Malebane wat as Senior Swartgordel van die Jaar aangewys is.
Ander toekennings wat gemaak is, sluit in:
Dyllan Maritz – beste vordering (seun).
Claude Reynolds – karateka wat meeste inspanning getoon het.
Terrence van Wyk – meeste potensiaal.
Pieter Jordaan – Karateka met die meeste gees.
Michelle Coetzee – Meisiekarateka van die Jaar (junior gordel).
Ruan Buitenbach – Seunskarateka van die Jaar (junior gordel).
Ancia Badenhorst – Vrou/Meisie van die Jaar.
Fred Scott – Karateka van die Jaar (senior gordel).
William Malebane – Senior Swartgordel van die Jaar.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

 

Related Articles

Back to top button