Sport

Sport en Jagfederasie vereer skuts

Die plaaslike Suid-Afrikaanse Sport en Jagfederasie het Saterdag hul jaareind­funksie en prysuitdeling buite die stad gehou waartydens skuts vir hul provinsiale en nasionale prestasies vereer is. Tydens die geleentheid is juniors, senior mans en vrouens en veteraanskuts vir hul uitsonderlike prestasies vereer. Die hoogtepunt van die aand was toe Mariaan Botha, Carel de Villiers en …

Die plaaslike Suid-Afrikaanse Sport en Jagfederasie het Saterdag hul jaareind­funksie en prysuitdeling buite die stad gehou waartydens skuts vir hul provinsiale en nasionale prestasies vereer is.
Tydens die geleentheid is juniors, senior mans en vrouens en veteraanskuts vir hul uitsonderlike prestasies vereer. Die hoogtepunt van die aand was toe Mariaan Botha, Carel de Villiers en Jaco Pretorius nasionale kleure toegeken is. Hanré Willemse het ook die Ambassadeurstrofee vir uitsonderlike prestasie in skiet buite SA Sportjag-verband ontvang terwyl Hanco Willemse en Jan-Hendrik Venter as provinsiale kampioene in hul onderskeie dissiplines as o.14-skuts vereer is.
Christo Pretorius is as geweerjagkampioen, boogjagkampioen en Veelsydigste Skut van die Jaar aangewys.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Jan-Hendrik Venter, o.14-lang­afstandgeweer provinsiale kampioen saam met SA Sport en Jagfederasielid, Erna Prinsloo.
Christo Pretorius ontvang die toekennings as geweerjagkampioen, boogjagkampioen en Veelsydigste Skut van die Jaar van Hettie en Pat Cloete van SA Sport en Jagfederasie.
SA Sport en Jagfederasielid, Erna Prinsloo, saam met Hanco Willemse wat as o.14-kleingeweer provinsiale kampioen aangewys is.

Related Articles

Back to top button