Skeie klap tydens jukskeiliga

Verskeie klubs van regoor die provinsie het op die Pietersburg Jukskeiklub se bane toegesak om Saterdag aan die liga deel te neem en voor die einde van die jaar die koring van die kaf te skei. Plaaslike spanne het in die A-, B- en C-afdeling teen dié van Mokopane, Mookgophong, Modimolle en Louis Trichardt kragte …

Verskeie klubs van regoor die provinsie het op die Pietersburg Jukskeiklub se bane toegesak om Saterdag aan die liga deel te neem en voor die einde van die jaar die koring van die kaf te skei.
Plaaslike spanne het in die A-, B- en C-afdeling teen dié van Mokopane, Mookgophong, Modimolle en Louis Trichardt kragte gemeet.
Nylstroom Jukskeiklub het die oorhand in die A-afdeling gehad en die algehele eerste ingepalm gevolg deur Tarentale Jukskeiklub van Mokopane en Pietersburg Jukskeiklub in die tweede en derde plek onderskeidelik.
Die B-afdeling is ook deur Nylstroom oorheers met Soutpan Jukskeiklub van Louis Trichardt tweede en Thabazimbi Jukskeiklub derde.
Nylstroom was selfs in die C-afdeling onoorwonne, met Soutpan en Tarentale in die tweede en derde plek onderskeidelik.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Marinus Pretorius van Pietersburg Jukskeiklub speel die perfekte skei.
Nylstroom Jukskeiklub se Daan Riekert gooi ‘n dwarsskei.
Pietersburg Jukskeiklub se Ria Heyman mik vir die pen.
Exit mobile version