Sport

Pieties-krieketspanne loop bloutjie in Noordvaal-kwarteind

Nadat die o.15A- en eerstekrieketspan van Hoërskool Pietersburg (PHS) as Limpopo-wenners aangewys is en Saterdag moedig in die Noordvaal-kwarteind geveg het, kon beide spanne nie die mas teen Hoër Volkskool Potchefstroom opkom nie. Alhoewel die o.15A-span die voordeel van hul tuisveld gehad en tydens die lotery besluit het om eerste veldwerk te doen, teken Volkies …

Nadat die o.15A- en eerstekrieketspan van Hoërskool Pietersburg (PHS) as Limpopo-wenners aangewys is en Saterdag moedig in die Noordvaal-kwarteind geveg het, kon beide spanne nie die mas teen Hoër Volkskool Potchefstroom opkom nie.
Alhoewel die o.15A-span die voordeel van hul tuisveld gehad en tydens die lotery besluit het om eerste veldwerk te doen, teken Volkies 270 lopies in 50 beurte aan. Pieties se verdediging voor die paaltjies was nie goed genoeg nie en Volkies laat al hul paaltjies tuimel vir slegs 95 lopies in 26,5 beurte.
Die eerstespan het op Volkies se tuisveld die loot gewen en eerste gekolf, maar hul telling van 193 almal uit was nie genoeg om Volkies se verwoede aanval af te weer nie. Volkies haal Pieties se telling in 21,5 beurte met agt paaltjies staande in.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Pieties se o.15A-paaltjiewagter, Eduan Gobey, laat nie maklik ‘n bal by hom verbyglip nie.

Related Articles

Back to top button