Krieketspanne maak skoonskip in skoleliga

Die krieketspanne van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) wat tydens die krieketliga al die spanne getroef het, is Limpopowenners. In die finale kragmeting het Oosskool se eerstespan teen Pietersburg Laerskool (PLS) te staan gekom en met ‘n telling van 143/6 teen­oor PLS se 140/10 gewen. Die tweedespan het met ‘n telling van 126/4 teen Laerskool Tzaneen met …

Die krieketspanne van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) wat tydens die krieketliga al die spanne getroef het, is Limpopowenners.
In die finale kragmeting het Oosskool se eerstespan teen Pietersburg Laerskool (PLS) te staan gekom en met ‘n telling van 143/6 teen­oor PLS se 140/10 gewen. Die tweedespan het met ‘n telling van 126/4 teen Laerskool Tzaneen met ses paaltjies gewen.
Oosskool se o.11-span het in die finaal teen Laerskool Tzaneen met vyf paaltjies gewen en die o.10-span het teen Laerskool Krugerpark met ‘n telling van 188/7 teenoor Krugerpark se 166, almal uit, koning gekraai. Sporthoof, Amie Smit, sê die skool is baie trots op hul krieketspelers. “Hulle gaan nog ver kom as hulle volgehoue spel van dié standaard lewer.”

Storie en foto’s: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

Die tweedekrieketspan met afrigter, Chris Smith.
Ooskkool se o.11-krieketspan en hul afrigter, PJ Strydom.
Die o.10-krieketspan met afrigter, Hennie Lourens.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version