Kruinies, PHS wys tande op krieketveld

Plaaslike skole bou steeds op hul momentum van die afgelope weke se ligawedstryde. Curro Heuwelkruin en Hoërskool Pietersburg (PHS) is twee van dié uitblinkerskole. Kruinies se eerstespan het teen The Oaks in ‘n wegwedstryd kragte gemeet en hulle eerste ‘n kans voor die paaltjies gegee. The Oaks kon slegs 59 lopies aanteken nadat Kruinies se …

Plaaslike skole bou steeds op hul momentum van die afgelope weke se ligawedstryde. Curro Heuwelkruin en Hoërskool Pietersburg (PHS) is twee van dié uitblinkerskole.
Kruinies se eerstespan het teen The Oaks in ‘n wegwedstryd kragte gemeet en hulle eerste ‘n kans voor die paaltjies gegee. The Oaks kon slegs 59 lopies aanteken nadat Kruinies se Wihan Jacobs vier paaltjies laat spat het. Kruinies kon die lopies in slegs sewe beurte inhaal en wen die wedstryd met agt paaltjies.
Pieties se o.15A span het twee wedstryde teen Hoërskool Merensky gespeel en die Plasies in beide getroef. Tydens die eerste wedstryd verlede Donderdag het PHS 203/4 aangeteken terwyl hulle die Plasies in 22,5 beurte vir 96 lopies uitboul. Saterdag het Pieties op hul sukses voortgebou en laat Merensky eerste in die kolfkampie toe. Die Plasies kon slegs 160 lopies bymekaar maak terwyl Pieties die telling inhaal vir slegs twee paaltjies plat. Pieties se o.15B-span het egter met 46 lopies teen Kings Cricket School van Louis Trichardt verloor.
Die eerstespan het Vrydag 226 lopies vir nege paaltjies in 50 beurte teen Merensky aangeteken. Tydens Pieties se boulbeurt laat hulle al die Plasies se paaltjies vir slegs 211 lopies kantel.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Pieties se o.15A-paaltjiewagter, Eduan Gobey, laat nie maklik ‘n bal by hom verbygaan nie.
Exit mobile version