Limpopo-skuts hou provinsie se naam hoog by kegelskietkompetisie

Pins Extreme het die afgelope naweek die Limpopo Pins Kampioenskap aangebied waartydens 75 skuts van agt tot 76 jaar oud hul skietvernuf met ‘n verskeidenheid wapens getoets het. In die hoofkompetisie is Tienie Niewoudt van Limpopo eerste in die veteraan-afdeling terwyl Adriaan de Waal van Limpopo derde is. In die senior-afdeling het Alwin Fleischmann van …

Pins Extreme het die afgelope naweek die Limpopo Pins Kampioenskap aangebied waartydens 75 skuts van agt tot 76 jaar oud hul skietvernuf met ‘n verskeidenheid wapens getoets het.
In die hoofkompetisie is Tienie Niewoudt van Limpopo eerste in die veteraan-afdeling terwyl Adriaan de Waal van Limpopo derde is.
In die senior-afdeling het Alwin Fleischmann van Limoppo ‘n derdeplek verower.
Die Limpopovroue was egter die sterrre van die dag en die eerste drie plekke is deur Janke Niewoudt, Alwiné Fleischmann en Marita Botha ingeneem.
Die Limpopojuniors van 13 tot 18 jaar het ewe goed gevaar en ook die eerste drie plekke ingeneem. Hulle is Jahdin Fleischmann, Daniel Trezona en Alwiné Fleischmann. In die Pee-Wee-afdeling (agt tot 12 jaar) het Joubert Fleischmann van Limpopo gewen en Jakobus Duvenhage van Limpopo het ‘n derdeplek verower.
Deelnemers het hul behendigheid met pistole, rewolwers, haëlgewere, .22 kalibergewere, .223 kalibergewere en swaarkalibergewere getoets.

Storie en foto’s: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

Tinus Botha in aksie.
Exit mobile version