Noordelikes-eerstes in Boet Fick-finaal

Die ou Peter Mokaba Stadion was Saterdag met rugby-entoesiaste gepak wat die semifinaal van die jaarlikse Boet Fickliga aanskou het. Klubs van regoor die provinsie het sedert vroegmiddag kragte gemeet om te bepaal wie tot die finaal gaan deurdring. Noordelikes se tweedespan het teen die verdedigende kampioene van Northam Rhinos uitgedraf, maar kon sedert die …

Die ou Peter Mokaba Stadion was Saterdag met rugby-entoesiaste gepak wat die semifinaal van die jaarlikse Boet Fickliga aanskou het.
Klubs van regoor die provinsie het sedert vroegmiddag kragte gemeet om te bepaal wie tot die finaal gaan deurdring.
Noordelikes se tweedespan het teen die verdedigende kampioene van Northam Rhinos uitgedraf, maar kon sedert die begin van die wedstryd nie die mas opkom nie en het hul kans op ‘n plek in die finaal verbeur.
Die eerstespan was van meet af gemotiveerd en het vir Potgietersrus Rugbyklub ‘n harde tyd op die veld gegee. Beide spanne was ewe gretig vir ‘n plek in die finaal dat die telling teen eindtyd 25 elk gelykop was. Met tien ekstra minute speeltyd aan albei kante het Noordelikes volstoom ingeklim en die skaal in hul guns met 46-32 geswaai.
Die rooimasjien speel Saterdag tydens ‘n wegwedstryd in die finaal teen Northam. Laasgenoemde se tweede- en derdespan speel ook in die finaal teen onderskeidelik Letaba en Amandelbult.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Tweedespanspeler van Noordelike, Tyron Fletcher, storm ‘n opponent.
Noordelikes se tweedespankaptein, Evan van Niekerk, val van agter af aan.
Mandla Mathonsi trek ‘n opponent plat.
Fanie Heenop van Noordelikes se tweedespan in die lynstaan.
Exit mobile version