Sport

Noordelikes in Boet Fick-semifinaal

Wanneer die rooi masjien op dreef is, het opponentspanne min kans om punte aan te teken. Goldwagen Noordelikes se wegholoorwinning tydens Saterdag se Boet Fickligawedstryd teen Universiteit van Limpopo (UL) het dit weer eens bevestig. Noordelikes se eerstespan het UL in só mate oorrompel dat die wedstryd voor eindtyd gestop is met Noordelikes wat 90 …

Wanneer die rooi masjien op dreef is, het opponentspanne min kans om punte aan te teken. Goldwagen Noordelikes se wegholoorwinning tydens Saterdag se Boet Fickligawedstryd teen Universiteit van Limpopo (UL) het dit weer eens bevestig.
Noordelikes se eerstespan het UL in só mate oorrompel dat die wedstryd voor eindtyd gestop is met Noordelikes wat 90 punte teenoor UL se nul aangeteken het.
UL se tweedespan het klipharde rugby gespeel en hul sterk verdedig het Noordelikes toegelaat om slegs 34 punte op die telbord te kry. UL kon een keer daarin slaag om agter die doellyn te kuier en die bal tussen die pale deur te stuur wat aan hulle sewe punte besorg het.
Die rooi masjien is Saterdag op die ou Peter Mokaba Stadion in aksie tydens die semifinaal van die liga. Die eerstespan speel teen Potgietersrus Rugbyklub terwyl die tweedespan teen Letaba Rugbyklub sal uitdraf.

Storie en fotoi’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Nyiko Makamu met ‘n stormbeweging.
Evan van Niekerk ge­maklik op pad doellyn toe.
Esselyn Deetlifts wag ‘n teenstander in.
Tyron Fletcher stuit die UL-verdediging.

Related Articles

Back to top button