Gemengde welslae vir PHS tydens Virseker Bekerreeks

Hoërskool Pietersburg (PHS) se rugbyspanne het tydens Saterdag se Virseker Bekerreeks in die skildafdeling teen Hoërskool Lichtenburg hard probeer om die oorhand te kry, maar slegs drie van die ses spanne kon daarin slaag om hul opponente ore aan te sit. Die o.15A- en B- sowel as die twee­despan het Lichtenburg onderskeidelik met 26-12, 31-24 …

Hoërskool Pietersburg (PHS) se rugbyspanne het tydens Saterdag se Virseker Bekerreeks in die skildafdeling teen Hoërskool Lichtenburg hard probeer om die oorhand te kry, maar slegs drie van die ses spanne kon daarin slaag om hul opponente ore aan te sit. Die o.15A- en B- sowel as die twee­despan het Lichtenburg onderskeidelik met 26-12, 31-24 en 34-17 geklop terwyl die res die aftog op hul tuisveld moes blaas.
Die eerstespan het tydens die eerste helfte ‘n flou verto­ning gelewer, maar na halftyd was die spelers volstoom en is daar telkens agter die pale gekuier. Pieties se terugvegpo­ging was egter nie goed genoeg nie en die span kon slegs 29 punte teenoor Lichtenburg se 40 bymekaar maak.
PHS speel Saterdag in dieselfde reeks teen Hoërskool Ligbron in Ermelo.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Franko Coetzee probeer uit sy opponent se greep kom.
‘n Speler van Lichtenburg bevind hom in ‘n moeilike situasie met eerstespanspelers, Kailan Ferreira, Lohan Duvenhage en Brandon Cronjé.
JC de Beer van die
eerstespan word platgetrek.
Schalk Potgieter van PHS se eerste­span wen die bal in die lynstaan.
Eerstespanspeler, Sharn van Rensburg soek ‘n geleentheid langs die kantlyn af.
Eerstespanspeler, Francois Koekemoer buk laag om sy opponent vas te vat.
Hardus Saaiman word gestuit.
Eerstespanspeler, Zander de Ridder, probeer sy opponent afskud.
Brandon Cronjé van PHS se eerste­span ontglip sy opponent.
Tweede­span­speler, Pieter Hoogen­boezem wen veld.
Kadi Geerkens, o.16, bring ‘n opponent grond toe.
Die o.16-speler, Japie Wentzel skop pale toe terwyl sy spanmaat, JP Malan toekyk.
Eerste­spanspeler, Roy Stewart laat loop met ‘n duikslag.
Exit mobile version