Gemengde welslae vir PHS tydens Virseker Bekerreeks
Hoërskool Pietersburg (PHS) se rugbyspanne het tydens Saterdag se Virseker Bekerreeks in die skildafdeling teen Hoërskool Lichtenburg hard probeer om die oorhand te kry, maar slegs drie van die ses spanne kon daarin slaag om hul opponente ore aan te sit. Die o.15A- en B- sowel as die tweedespan het Lichtenburg onderskeidelik met 26-12, 31-24 …
Hoërskool Pietersburg (PHS) se rugbyspanne het tydens Saterdag se Virseker Bekerreeks in die skildafdeling teen Hoërskool Lichtenburg hard probeer om die oorhand te kry, maar slegs drie van die ses spanne kon daarin slaag om hul opponente ore aan te sit. Die o.15A- en B- sowel as die tweedespan het Lichtenburg onderskeidelik met 26-12, 31-24 en 34-17 geklop terwyl die res die aftog op hul tuisveld moes blaas.
Die eerstespan het tydens die eerste helfte ‘n flou vertoning gelewer, maar na halftyd was die spelers volstoom en is daar telkens agter die pale gekuier. Pieties se terugvegpoging was egter nie goed genoeg nie en die span kon slegs 29 punte teenoor Lichtenburg se 40 bymekaar maak.
PHS speel Saterdag in dieselfde reeks teen Hoërskool Ligbron in Ermelo.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com