Sport

Noordelikes sit beste voet voor teen Potties

Goldwagen Noordelikes se eerstespan het tydens Saterdag se Boet Fickliga-wedstryd teen Potgietersrus Rugbyklub alles ingesit met die hoop om die semifinaal te haal. Die span het sedert die afskop hard baklei, maar teen halftyd en ‘n telling van 5-19 in Potties se guns, was die kans op oorwinning baie skraal. Van die aanvang van die …

Goldwagen Noordelikes se eerstespan het tydens Saterdag se Boet Fickliga-wedstryd teen Potgietersrus Rugbyklub alles ingesit met die hoop om die semifinaal te haal.
Die span het sedert die afskop hard baklei, maar teen halftyd en ‘n telling van 5-19 in Potties se guns, was die kans op oorwinning baie skraal.
Van die aanvang van die tweede helfte het Noordelikes, Potties se tuisveld hul eie gemaak en telkens tot agter die doellyn deurgebreek. Die rooi masjien slaag daarin om sekondes voor die eindfluitjie blaas weer ‘n drie te druk om die naelbytwedstryd 20-19 te wen.
Die tweedespan was nie so gelukkig nie en moes met 21-39 na Polokwane terugkeer.
Die Boet Fickliga semifinaal word op 28 Julie gespeel, maar teen druktyd was dit nog nie duidelik of Noordelikes wel ge­kwalifiseer het nie.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Jonty Mans, Noordelikes se eerstespanspeler, bring ‘n opponent grond toe.
Ludick Mashele van Noordelikes se tweedespan word by die kantlyn platgetrek.
Tweedespanspeler, Jason Pretorius, loop hom teen Potties se verdediging vas.

Related Articles

Back to top button