Sport

Zanis-gimnaste ryg medaljes in tydens kompetisie

Tydens die onlangse Limpopo Artistiese Kompetisie wat in Louis Trichardt gehou is het gimnaste van Zanis Gymnastics Academy veertig medaljes verower waarvan 23 goud, nege silwer en agt brons is. Nege-en-dertig gimnaste het Limpopo­kleure verwerf en neem van 14 tot 16 Junie aan die North Zone-gimnastiekkompetisie in Centurion deel. Beste algehele gimnaste wat trofeë ontvang …

Tydens die onlangse Limpopo Artistiese Kompetisie wat in Louis Trichardt gehou is het gimnaste van Zanis Gymnastics Academy veertig medaljes verower waarvan 23 goud, nege silwer en agt brons is.
Nege-en-dertig gimnaste het Limpopo­kleure verwerf en neem van 14 tot 16 Junie aan die North Zone-gimnastiekkompetisie in Centurion deel.
Beste algehele gimnaste wat trofeë ontvang het, is Evan Mathoba en Anuska Deyzel (vlak 1), Oritonda Tshidavhu en Mia O’Reilly (vlak 2) en Xander Deyzel (vlak 3).

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Die artistiese meisiegimnaste is Mia O’Reilly en Anuska Deyzel. In die eerste ry is Wiané van der Walt, Anuska Hilton, Mila Veldman, Alyssa Venter, Deané Fuchs en Nicole Markos. In die tweede ry is Cherise van Heerden, Mariné van Zyl, Mia Botha, Megan Steele, Nicole Karassellos, Lulu Shiluvane en Annelize Broekman. In die derde ry is Mia van der Merwe, Thariso Manzini, Melandi Gouws, Thato Tibane, Charlize Stevens, Katelynn Markos en Renscke Venter. Agter is afrigters Tanya Bouwman, Zani Prinsloo, Annemarie du Plessis, Cecil van den Berg en Mildré Veldman saam met gimnaste, Lee Anché Snyman, Nia van Zyl, Khatu Mainganye en Lua O’Reilly.
Trofeëwenners as algehele beste gimnaste is Oritonda Tshidavhu en Mia O’Reilly (vlak 2), Xander Geyzel (vlak 3), Anuska Geyzel en Evan Mathoba (vlak 1). Agter is afrigters Tanya Bouwman en Cecil van den Berg.

Related Articles

Back to top button