Ringbalspelers sit beste voetjie voor tydens Limpopoproewe

Ringbalspelers regoor die provinsie het Saterdag hul harte op die plaaslike ringbalbane uitgespeel om ‘n plek in die junior en senior Limpopospan te verseker. Sekretaresse van Jakaranda Ringbal­klub, Jakkie Landsberg, sê junior en senior spelers van plaaslike klubs, Ja­ka­randa en Parke, sowel as spelers van so ver as Tzaneen en Phalaborwa het aan die proewe …

Ringbalspelers regoor die provinsie het Saterdag hul harte op die plaaslike ringbalbane uitgespeel om ‘n plek in die junior en senior Limpopospan te verseker.
Sekretaresse van Jakaranda Ringbal­klub, Jakkie Landsberg, sê junior en senior spelers van plaaslike klubs, Ja­ka­randa en Parke, sowel as spelers van so ver as Tzaneen en Phalaborwa het aan die proewe deelgeneem.
Die spanne is Saterdag aangewys en sal van 1 tot 7 Julie Limpopo tydens die Suid-Afrikaanse Ringbalkampioenskappe in Pretoria verteenwoordig.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Xander Steyn strek om ‘n bal in die lug te vang.
Marzelle Luus stuur vinnig die bal aan.
Logan Oosthuizen gooi ‘n doel.
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version