Plaaslike dansers presteer by nasionale kampioenskappe

Twee dansers van Nonnie de Lange Dansateljee in die stad het onlangs met ses medaljes teruggekeer wat hulle by die South African Championships of Performing Arts in Rustenburg verower het. Maryke Botha, wat ook ‘n afrigter by die dansateljee is, het aan die ‘funk energy’, ‘character tap’, ‘open tap’, hip-hop’ en gewone klopdanssolo’s in die …

Twee dansers van Nonnie de Lange Dansateljee in die stad het onlangs met ses medaljes teruggekeer wat hulle by die South African Championships of Performing Arts in Rustenburg verower het.
Maryke Botha, wat ook ‘n afrigter by die dansateljee is, het aan die ‘funk energy’, ‘character tap’, ‘open tap’, hip-hop’ en gewone klopdanssolo’s in die 25 tot 29-jaar ouderdomsgroep deelgeneem en twee silwer en drie bronsmedaljes verower. Botha het vanjaar vir die vyfde keer aan die kampioenskappe deelgeneem en sê dat dit elke jaar ‘n nuwe ervaring is. “Meer as
3 000 dansers, sangers, akteurs, modelle en musikante het vir ‘n week in Rustenburg saamgetrek en baie nuwe vriende is gemaak,” vertel Botha.
Kaylee Scott het aan dieselfde danssolo’s in die 16 tot 17-jaargroep deelgeneem en ‘n silwer­medalje verwerf. Dit was haar eerste blootstelling aan ‘n kompetisie van die omvang en ‘n groot uitda­ging om saam met meer as tien ervare dansers deel te neem.
“My afrigter, Maryke Botha, is ‘n uitstekende choreograaf en haar insette het beslis tot my sukses bygedra,” sê Scott.

Storie en foto: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

 

Exit mobile version