Sport

Noordelikes onstuitbaar in Boet Fickliga

Al drie Goldwagen Noordelikes se rugbyspanne is goed op dreef in die jaarlikse Boet Fickliga nadat hulle Saterdag die spanne van Louis Trichardt Rugbyklub getroef het. Die derdespan het korte mette van Amandelbult Rugbyklub gemaak en met 33-19 gewen. Die rooi masjien se tweedespan het geen genade teenoor Louis Trichardt getoon nie en hulle 45-3 …

Al drie Goldwagen Noordelikes se rugbyspanne is goed op dreef in die jaarlikse Boet Fickliga nadat hulle Saterdag die spanne van Louis Trichardt Rugbyklub getroef het.
Die derdespan het korte mette van Amandelbult Rugbyklub gemaak en met 33-19 gewen. Die rooi masjien se tweedespan het geen genade teenoor Louis Trichardt getoon nie en hulle 45-3 oorrompel terwyl die eerstespan na ‘n harde wedstryd daarin kon slaag om met 46-28 te seëvier.
Die sesde ronde van die liga hervat op 5 Mei wanneer Noordelikes teen Northam Rhinos uitdraf.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Tiaan Redman van Noordelikes se derdespan op die verdediging.
Noordelikes se tweedespanspeler, Henco Swanevelder word vasgevat.
Tweedespanspeler van Noordelikes, Ruan Bakkes, word in die lynstaan gelig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button