Medalje-oes vir skermers by kwalifiserende kampioenskappe

Skermers van die plaaslike Firebird Fencing Club het tydens die naweek se Nasionale Kwalifise­rende Kompetisie in Mokopane agt medaljes, waarvan vier goud, twee silwer en twee brons is, verower. Volgens Tersia Goosen, klubbestuurslid, was dit die tweede keer dat Limpopo as gasheer vir dié kampioenskappe opgetree het en waartydens 165 skermers van die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal, …

Skermers van die plaaslike Firebird Fencing Club het tydens die naweek se Nasionale Kwalifise­rende Kompetisie in Mokopane agt medaljes, waarvan vier goud, twee silwer en twee brons is, verower.
Volgens Tersia Goosen, klubbestuurslid, was dit die tweede keer dat Limpopo as gasheer vir dié kampioenskappe opgetree het en waartydens 165 skermers van die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal, Oos-Kaap, Vrystaat en Gauteng meegeding het.
‘n Lys sal na die naweek saamgestel word om te bepaal wie gekies word om Suid-Afrika tydens die junior Statebondspele sowel as die senior Afrika- en Wêreldkampioenskappe later vanjaar te verteenwoordig.
Goue medaljes is aan Jamie Norval, Anokha van Manen (2) en Wally Goosen toegeken terwyl Jamie en Anokha onderskeidelik ook ‘n brons- en silwermedaljes verower het. Rahul van Manen het ‘n brons medalje verwerf.
Drie Firebirdlede het boonop sewe medaljes tydens die onlangse Afrikakampioenskappe in Nigerië huis toe gebring waarvan drie medaljes vir individuele- en vier vir spanprestasies was. Die Suid-Afrikaanse juniorvroue se floretspan, onder leiding van plaaslike afrigter, Wally Goosen, het ‘n silwermedalje teen Egipte verower. Die span is deur Anokha (Firebirds), Kesia Matthews, Alexandra Gibson en Cailyn Duncan van elders in die land saamgestel. Duncan kon as gevolg van ‘n besering nie deelneem nie en Suid-Afrika moes met slegs drie spanlede deelneem wat die silwermedalje noemens­waardig maak.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

 

Exit mobile version