Sport

Propvol kalender vir atlete vanjaar

Atlete van Polokwane en elders kan hul vere regskud vir ‘n besige jaar met verskeie byeenkomste wat deur die jaar aangebied word. Polokwane Athletic Club (PAC)-voorsitter, Corrie Calitz sê verskeie padwedlope is vir die jaar geskeduleer met die eerste wedloop wat reeds op 20 Januarie aangebied word. Calitz en sy bestuurspan begin die jaar met …

Atlete van Polokwane en elders kan hul vere regskud vir ‘n besige jaar met verskeie byeenkomste wat deur die jaar aangebied word.
Polokwane Athletic Club (PAC)-voorsitter, Corrie Calitz sê verskeie padwedlope is vir die jaar geskeduleer met die eerste wedloop wat reeds op 20 Januarie aangebied word. Calitz en sy bestuurspan begin die jaar met die Seeff Race waar atlete ‘n gulde geleentheid kan aangryp om fiks te begin word en van vakansievet ontslae te raak.
Die wedloop begin om 06:30 by Jaguar Polokwane in Munniklaan by Baobab Gardens vir die 10 km en 21,1 km en om 06:40 vir die 5 km- pretdraf. Kontantpryse is op die spel en Calitz kan by 082 464 1963 vir meer inligting geskakel word.

Polokwane se 2018-atletiekkalender is as volg:
20 Januarie, Seeff Race.
14 Februarie, Pietersburg Road Runners (PRR) Valentynstynstydtoets
17 Februarie, Capricorn Distriksmunisipaliteit 4-in-1 Marathon
7 Apri, Mall of the North Marathon
14 en 15 April, PRR 24 uur- en 100 myl-wedloop
28 April, Mayoral Road Race
10 Junie, Comrades Marathon
21 Julie, Savannah Mall 3-in-1
8 September, Hanlie Steyn Gedenkwedloop
15 September, Tafelronde Natuurwedloop
5 Oktober – Mazda Nite Race
7 Oktober – Run 4 Cancer

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button