Laaste 4×4-stryd vir jaar laat enjins brul
Stofwolke en modderspatsels het Limpopo 4×4-klub se laaste byeenkoms vir die jaar wat Saterdag op die plaaslike hindernisbaan aangebied is, gekenmerk. Tien 4×4-entoesiaste het die verskeie hindernisse aangedurf om nie net hul eie vernuf vir oulaas op die proef te stel nie, maar ook hul voertuie se vermoëns te toets en om finaal die koring …

Stofwolke en modderspatsels het Limpopo 4×4-klub se laaste byeenkoms vir die jaar wat Saterdag op die plaaslike hindernisbaan aangebied is, gekenmerk.
Tien 4×4-entoesiaste het die verskeie hindernisse aangedurf om nie net hul eie vernuf vir oulaas op die proef te stel nie, maar ook hul voertuie se vermoëns te toets en om finaal die koring van die kaf te skei.
In die supergemodifiseerde-afdeling het Japie van Staden met die louere weggestap terwyl Bernard Radmore in die gemodifiseerde-afdeling geseëvier het. In die standaard-afdeling het Chris Pistorius eerste geëindig gevolg deur sy seun, Billy, in die tweede plek.
Die eerste 4×4-vergadering word
op 13 Januarie om 11:00 by Limpopo 4×4-klub op die Siliconpad gehou waar belangstellendes hul insette kan lewer om die sport in die toekoms beter te bemark en belangstelling onder inwoners te kweek. Vir meer inligting skakel Leatitia Groenewald by 081 466 6296.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com






