Sport

Kampioenskuts keil mekaar behoorlik op

Limpopo Praktiese Skietassosiasie (LPPSA) se geslote handwapenkampioenskappe wat Saterdag by die skietbaan in die stad gehou is, is goed ondersteun. Skuts het in die oop-, standaard-, klassieke- en produksieklasse meegeding en sewe uitdagende bane is opgestel. Hul akkuraatheid en tyd het die finale uitslae bepaal. Philip Smit was die wenner van die algemene opeklas, terwyl …

Limpopo Praktiese Skietassosiasie (LPPSA) se geslote handwapenkampioenskappe wat Saterdag by die skietbaan in die stad gehou is, is goed ondersteun.
Skuts het in die oop-, standaard-, klassieke- en produksieklasse meegeding en sewe uitdagende bane is opgestel. Hul akkuraatheid en tyd het die finale uitslae bepaal. Philip Smit was die wenner van die algemene opeklas, terwyl Marita Botha die vroue opeklas oorheers het.
Paul Eksteen was die wenner in die algemene standaardklas terwyl Jan Oosthuizen eerste in die senior standaardklas was.
In die klassieke klas (algemeen) was Tinus Botha eerste en Dion du Bruyn het as wenner in die senior klassieke klas uitgetree. Tertius Smit was eerste in die algemene produksieklas met Sean Mullin as wenner in die super senior produksieklas en Danie Claasen eerste in die senior produksieklas.
Jane van Wyk het die eerste plek in die vroue produksieklas losgeskiet en Peet Smit het die junior produksieklas oorheers.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Douw Wessels lê aan.
Rudi Kuschke in posisie op die vuurpunt.

Related Articles

Back to top button