Sport

Nonnie de Lange Dansateljee beloon presteerders

Die dansers van Nonnie de Lange Dansateljee het ‘n besige jaar agter die rug en die prestasies wat hulle deur die jaar behaal het, is verlede Dinsdag met ‘n heerlike informele konsert en prysuitdeling by NG Kerk Pietersburg-Noord gevier. Drie prestasies wat uitgestaan het, is dié van Kaylee Scott, Monika Engelbrecht en Odette Goosen wat …

Die dansers van Nonnie de Lange Dansateljee het ‘n besige jaar agter die rug en die prestasies wat hulle deur die jaar behaal het, is verlede Dinsdag met ‘n heerlike informele konsert en prysuitdeling by NG Kerk Pietersburg-Noord gevier.
Drie prestasies wat uitgestaan het, is dié van Kaylee Scott, Monika Engelbrecht en Odette Goosen wat tydens die Oktobervakansie teen sowat 570 ander dansers aan die South African Talent Championships (Satch) deelgeneem het en uitsonderlik gevaar het.
Kaylee het ‘n silwer­medalje (80% en hoër) in haar ouderdomsgroep se klopdanskategorie losgedans asook bronsmedaljes (75% en hoër) in moderne dans, hip hop en funk energy.
Monika het ook ‘n silwermedalje vir haar klopdanssolo gewen asook bronsmedaljes vir ‘n tweede klopdansroetine en moder­ne dans.
Odette het twee silwer­medaljes in die klopdans­kategorieë waaraan sy deelgeneem het, verower.
Tydens die prysuitdeling het die dansers ook hul eksamenuitslae ontvang en dié wat hul besonder goed van hul taak gekwyt het, is met trofeë beloon.

Storie en foto’s: MARKI FRANKEN
>>marki.observer@gmail.com

Odette Goosen het twee silwermedaljes by Satch losgedans.
Kaylee Scott is in karakter as Captain Jack Sparrow.
Monika Engelbrecht staan tussen haar dansafrigters, Nonnie de Lange en Maryke Botha.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button