Sport

Sewe nuwe rekords by Prisma Jewaskiewitz Atletiekbyeenkoms

‘n Totaal van 443 hoër- en laerskoolatlete van regoor die provinsie het Saterdag by die ou Peter Mokaba Stadion aan die sesde Prisma Jewaskiewitz Atletiekbyeenkoms deelgeneem. Hoër- en laerskole in en rondom die stad sowel as skole in buurdorpe het ter voorbereiding van volgende jaar se atletiekseisoen, kragte gemeet. Organiseerder, Deon Jewaskiewitz, sê die doel …

‘n Totaal van 443 hoër- en laerskoolatlete van regoor die provinsie het Saterdag by die ou Peter Mokaba Stadion aan die sesde Prisma Jewaskiewitz Atletiekbyeenkoms deelgeneem.
Hoër- en laerskole in en rondom die stad sowel as skole in buurdorpe het ter voorbereiding van volgende jaar se atletiekseisoen, kragte gemeet.
Organiseerder, Deon Jewaskiewitz, sê die doel van die byeenkoms is om atlete geleentheid te gee om te bepaal hoe hul prestasie met vorige byeenkomste vergelyk. “Die belangrikste is om vir die atletiekseisoen wat oor drie maande begin, voor te berei. Wat dié byeenkoms so spesiaal maak, is dat laerskoolatlete ook geleentheid kry om blootgestel te word aan hoërskoolatletiek en wat op hulle wag,”sê Jewaskiewitz.
Sewe nuwe rekords is opgestel, waarvan drie deur broer en suster, Zanru, o.15, en Zenobea Jewaskiewitz, o.17 is. Zanru het die 100 m in 11,9 sekondes kafgedraf en saam met Rebotile Mohale (22,69) die rekord in die 200 m verbeter. Zanru se tyd was 22,62 sekondes en Zenobea het die 100 m in 12,10 sekondes voltooi.
Ruben Vosloo, o.13, verbeter die 100 m-rekord na 11,9 sekondes, William Mabena, o.19, die 200 m-rekord met 21,49 sekondes en Loutjie Steenkamp, o.19, die 400 m-rekord na 49,99 sekondes.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Reabetswe Sathekge, o.14, van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé sit krag agter die gewig.

Hope Mpyana, o.15, van Pepps Polo­-
kwane Preparato­ry
School and College behaal ‘n derde plek in spiesgooi.
Thabang Makeketlana, o.19, van Hoërskool Noorderland spring ver.
Tewis Willemse, o.15, van Hoërskool Pietersburg neem die voortou in die 1 200 m.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button