Sport

Philip Smit vestig hom in motorsportgeledere as gerekende

Plaaslike sakeman, Philip Smit, is ‘n uitblinker op die renbaan. Hy neem die afgelope twee jaar aan die BMW Bridgestone Challenge Motorrenkampioenskap deel wat gebore is uit die BMW Central Gauteng Motorklub wat aan die einde van 2015 streekskampioenskapstatus onder die vaandel van Motorsport Suid-Afrika verwerf het. Die renreeks vind jaarliks oor agt wedrenne op …

Plaaslike sakeman, Philip Smit, is ‘n uitblinker op die renbaan.
Hy neem die afgelope twee jaar aan die BMW Bridgestone Challenge Motorrenkampioenskap deel wat gebore is uit die BMW Central Gauteng Motorklub wat aan die einde van 2015 streekskampioenskapstatus onder die vaandel van Motorsport Suid-Afrika verwerf het.
Die renreeks vind jaarliks oor agt wedrenne op verskeie groot bane in die noordelike streek van die land plaas.
Na sewe renne het Smit die C-klaskampioenskap ingepalm en lê tans derde in die algehele kampioenskap met slegs drie punte agter die voorloper.
Al drie die toprenjaers het reeds genoeg punte verwerf om op die podium klaar te maak na die laaste wedren wat volgende maand plaasvind.
“Dit gaan nie soseer oor die hoë snelheidsaspek nie, maar presisiebestuur en die opstel van ‘n voertuig om sekere padtoestande optimaal te kan hanteer,” sê hy oor sy belang­stelling in die adrenaliengevulde wielsport.

Storie: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button