Sport

Pietersburg Road Runners vereer topatlete

Plaaslike atletiekklub, Pietersburg Road Runners (PRR) het verlede Sondag atlete wat gedurende die afgelope seisoen uitnemend presteer het, sowel as dié wat hul goed van hul taak tydens vanjaar se Comrades Marathon gekwyt het, vereer. PRR-voorsitter, Colinda Potgieter sê die doel van die prysuitdeling was om aan klublede erkenning vir hul harde werk te gee. …

Plaaslike atletiekklub, Pietersburg Road Runners (PRR) het verlede Sondag atlete wat gedurende die afgelope seisoen uitnemend presteer het, sowel as dié wat hul goed van hul taak tydens vanjaar se Comrades Marathon gekwyt het, vereer.
PRR-voorsitter, Colinda Potgieter sê die doel van die prysuitdeling was om aan klublede erkenning vir hul harde werk te gee.
Bethuel Netshitenzhe het die trofee as beste veteraan mansatleet vir die seisoen ontvang vir sy deelname en prestasies tydens die Two Oceans Marathon sowel as die Comrades. Elize Klopper is as PRR Polokwane Parkrun Atleet van die Jaar aangewys terwyl Helga Moreira die Zero to Hero-trofee vir haar deursettingsvermoë en waagmoed ontvang het.
Moreira het vanjaar haar eerste Comrades voltooi ten spyte daarvan dat sy eers in November besluit het om deel te neem en nie baie tyd vir voorbereiding gehad het nie. Evelyn Cloete is as Stapper van die Jaar aangewys.
Potgieter sê 22 van PRR-atlete het aan vanjaar se Comrades deelgeneem en elkeen wat dit voltooi het, het ‘n geraamde medalje met twee Comrades-sertifikate ontvang. Atlete wat meer as tien Comrades-wedlope voltooi het, is Lazarus Seroka (18), Johan van der Merwe (17), Colinda Potgieter (17), Erika Bantjes (14) en Betty Mashitisho (13) in.
Die inskrywings vir Comrades 2018 het Vrydag geopen en sluit op 30 November tensy die maksimum van 20 000 atlete wat kan deelneem vroeër bereik word. Potgieter sê atlete het reeds volstoom vir volgende jaar se wedlope begin oefen.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

PRR-komiteelid, Jacoline Potgieter oorhandig die Zero to Hero-trofee aan Helga Moreira.
Vroueatleet van die Jaar is Geneva Raphahla.
Evelyn Cloete is Pietersburg Road Runners se Stapper van die Jaar.
Elize Klopper is as PRR Polo­kwane Parkrun Atleet van die Jaar aange­wys.
Matime Mashabela met die geraamde medalje en sertifikate vir sy deelname aan vanjaar se Comrades Marathon.

Related Articles

Back to top button