Sport

Plaaslike ruiters presteer tydens uithourit

Drie lede van die Capricorn Uithouritklub het tydens die onlangse Premierklub Uithoutrit buite Bela-Bela teen meer as 300 ruiters gekompeteer en van die toptoekennings huis toe gebring. Lente Schutte en haar perd, Yentl Sahmi, het met ‘n tyd van 4:11 ‘n algehele tweede plek in die 80 km-kompeterende kinderrit behaal en is tydens ‘n afsonderlike …

Drie lede van die Capricorn Uithouritklub het tydens die onlangse Premierklub Uithoutrit buite Bela-Bela teen meer as 300 ruiters gekompeteer en van die toptoekennings huis toe gebring.
Lente Schutte en haar perd, Yentl Sahmi, het met ‘n tyd van 4:11 ‘n algehele tweede plek in die 80 km-kompeterende kinderrit behaal en is tydens ‘n afsonderlike kompetisie as algehele wenner in dié kategorie aangewys.
Die Best Endurance Challenge Awards (Beca)-kompetisie is vir die eerste keer op internasionale vlak hier aangebied en die verhouding tussen perd en ruiter asook die algehele kondisie van die perd word in ag geneem.
Kaila Hairbottle het eerste in die 80 km-kompeterend jong ruiter-afdeling eerste geëindig. Sy en haar perd, West, het verlede jaar reeds Limpopo-kleure in ‘n persoonlike beste tyd van 3:38 verwerf.
In die 80 km-liggewigafdeling het Yolandi van der Klashorst die eerste plek op die podium ingeneem nadat sy en haar perd, Kitima Silver Dream, die rit in 3:30 voltooi het. Haar perd is boonop ook as bes gekondisioneerde perd aangewys.
Die drie ruiters het ook van Sondag tot Dinsdag aan die uitmergelende 200 km Fauresmith Internasionale Uithourit deelgeneem. “Die kompetisie word as van die wêreld se taaiste uithouritte beskou omdat ruiters en hul perde vir drie dae oor ruwe terrein moet kompeteer. Ons is trots op die ruiters se prestasies,” sê Betsy van der Merwe van Capricorn Uithouritklub. Teen druktyd was die uitslae van hierdie wêreldbekende rit nog nie bekend nie.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Kaila Hairbottle eindig eerste in die jong ruiter-afdeling van die Premierklub Uithou­rit buite Bela-Bela.
Yolandi van der Klashorst met haar perd, Katima Silver Dream.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button