Lim-reuse voer fel stryd op rugbyveld

Toeskouers het Saterdag langs Goldwagen Noordelikes se velde skouspelagtige rugby beleef toe dié klub se eerste- en tweede­spanne teen Letaba Rugbyklub te staan gekom het. Noordelikes se tweedespan het uit die staanspoor vir die besoe­kers ‘n deeglike les in klubrugby met ‘n wentelling van 52-0 gegee. Daar was geen weerstand van Letaba af toe die …

Toeskouers het Saterdag langs Goldwagen Noordelikes se velde skouspelagtige rugby beleef toe dié klub se eerste- en tweede­spanne teen Letaba Rugbyklub te staan gekom het.
Noordelikes se tweedespan het uit die staanspoor vir die besoe­kers ‘n deeglike les in klubrugby met ‘n wentelling van 52-0 gegee. Daar was geen weerstand van Letaba af toe die Noordelikes se voorrye in die eerste paar minute van die wedstryd hul eerste drie gedruk het nie en die tuisspan was teen rustyd reeds met 26-0 voor.
Die eerstespan het gehoop om op die tweedes se sukses voort te bou maar is deur ‘n vasberade Letaba ontmoet en moes alles in die stryd werp om uiteindelik die veld met ‘n telling van 20-22 verlaat.

Storie en foto’s: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za

Walter Masindi, Noordelikes se tweede­span­slot, dryf die bal deur Letaba se verdediging.
Martin Stone, tweedespanheelagter, sluit die eerste helfte van die wedstryd met Noordelikes se vierde drie af.
Ricardo Varela, Noordelikes se tweedespanstut, benut ‘n gaping om sy span se tweede drie aan te teken.
Exit mobile version