Gholfspelers presteer op skoolvlak

Verskeie hoërskole in Polokwane se gholfspanne het mekaar Vrydag in ligawedstryde by die Polokwane Gholfklubbane gepak. Pietersburg Hoërskool (PHS) het teen Hoërskool Ben Vorster en Hoërskool Me­rensky te staan gekom terwyl Hoër Tegniese Skool Tom Naudé teen Hoërskool Frans du Toit van Phalaborwa kragte gemeet het. Curro Heuwelkruin het teen Hoërskool Warmbad gespeel. In PHS …

Verskeie hoërskole in Polokwane se gholfspanne het mekaar Vrydag in ligawedstryde by die Polokwane Gholfklubbane gepak.
Pietersburg Hoërskool (PHS) het teen Hoërskool Ben Vorster en Hoërskool Me­rensky te staan gekom terwyl Hoër Tegniese Skool Tom Naudé teen Hoërskool Frans du Toit van Phalaborwa kragte gemeet het. Curro Heuwelkruin het teen Hoërskool Warmbad gespeel.
In PHS se wedstryde teen Ben Vorster het PHS se A-span met 3-1, die B-span met 3-1 en die C-span met 4-0 teen Ben Vorster gewen.
In PHS se wedstryde teen Merensky, het PHS se B-Span met 4-0 geseëvier terwyl Me­rensky se C-span met ‘n wentelling van 3-1 vir PHS te sterk was. Tom Naudé se B-span kon egter nie die mas teen Frans du Toit opkom nie en het met 1-3 verloor.
Die gholfspan van Heuwelkruin was nie sterk genoeg teen Warmbad nie en het 0-4 verloor.

Storie en foto’s: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za

Dylan Bosch, Tom Naudé B-span, slaan na die setperk op die negende gat.
Luan de Villiers van PHS se C-span, struikel om die bal tussen die lang gras uit te haal.
PHS C-span speler, Heinrich Schoeman, volg die bal na ‘n sethou.
Tom Naudé B-span speler, Dehann van Biljon, slaan af op die tiende bof.
HTS Tom Naudé se B-span speler, Szander Steyl, haal sy bal netjies uit die sandput tydens ‘n ligawedstryd teen Hoërskool Frans du Toit.
Roean van Breda, Tom Naudé B-span hou sy balans tydens sy afslaan.
PHS B-span speler, Carl Schulenburg reg vir sy afslaan.
Exit mobile version