Skuts berei voor vir nasionale kampioenskappe

Verskeie mense wat bedrewe in skietkuns is, het Saterdag aan die Suid-Afrikaanse Sport- en Jagfe­derasie in Limpopo se maandelikse skietdag deelgeneem in die hoop om vir die nasionale kampioenskappe te kwalifiseer. Deelnemers toets elke maand hul vernuf tydens hierdie skietdae en hul puntetotale sal voor die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe bymekaar getel word om te bepaal wie …

Verskeie mense wat bedrewe in skietkuns is, het Saterdag aan die Suid-Afrikaanse Sport- en Jagfe­derasie in Limpopo se maandelikse skietdag deelgeneem in die hoop om vir die nasionale kampioenskappe te kwalifiseer.
Deelnemers toets elke maand hul vernuf tydens hierdie skietdae en hul puntetotale sal voor die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe bymekaar getel word om te bepaal wie die provinsie sal verteenwoordig.
Skuts het met jaggewere, haelgewere, handwapens, veergewere en boë na ‘n verskeidenheid teikens geskiet. Org van Zyl het die jaggeweer- en boogskiet-afdelings vir seniormans gewen en tweede in die handwapenkategrie geëindig.
Corné Willemse het in die jaggeweer- en haelgeweer-kategorie vir seniorvroue onderskeidelik eerste en tweede geëindig.
Ander skuts wat eerste plekke behaal het, is Christo Strijdom, seniormans haelgeweer, Corneli Strijdom, se­niorvroue haelgeweer, Hanré Willemse, o.14-seuns haelgeweer, Jaco Pretorius handwapen, Hanco Willemse, o.14-seuns .22 en veergeweer, Christo Pretorius, seniormans veergeweer, Pieter Janse van Rensburg, seniormans .22, Mariaan Janse van Rensburg, senior­vroue .22, en Carine van Zyl, seniorvroue boogskiet.
Saterdag word daar ‘n praktiese skietontwikkelingskliniek by die Polokwane Skietbaan op die Siliconpad aangebied. Belangstellendes moet hul eie vuurwapen, ammunisie asook oog- en oorbeskerming saambring. Vir meer inligting kan Tinus Botha by 082 889 9345 geskakel word.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Peet Kannemeyer en sy kleinseun, Theunis Kruger brand op teikens los.
Jaco Pretorius, wenner in die handwapen-afdeling vir seniormans staan geanker terwyl hy die teiken peper.
Exit mobile version