Sport

Perdepretrit, arenaspeletjies en potjiekos

Perderuiters wat aan Capricorn Uithouritklub se pretrit en speletjiesdag wil deelneem, kan steeds inskryf om hulle plek te verseker en deel van Saterdag se groot opwinding te wees. Die geleentheid word by WinnField Stables, Baskoppies, kleinhoewe 20 gehou en begin om 08:00. Deelnemers betaal R100 en toeskouers sal R10 per persoon moet opdok terwyl kinders …

Perderuiters wat aan Capricorn Uithouritklub se pretrit en speletjiesdag wil deelneem, kan steeds inskryf om hulle plek te verseker en deel van Saterdag se groot opwinding te wees.
Die geleentheid word by WinnField Stables, Baskoppies, kleinhoewe 20 gehou en begin om 08:00. Deelnemers betaal R100 en toeskouers sal R10 per persoon moet opdok terwyl kinders onder 12 jaar gratis deel kan wees.
“Die doel van die dag is dat perderuiters pret saam met hul perde en ander ruiters kan hê. Arenaspeletjies, ‘n potjiekoskompetisie en ‘n 15 km-pretrit vind plaas met verskeie pryse,” sê organiseerder, Betsy van der Merwe wat toeskouers aangemoedig het om eerstehands te sien waartoe plaaslike perde en hul ruiters in staat is.
Aanwysings na WinnField Stables: Ry op die R71 na Dalmada en draai links by die verkeerslig na die vulstasie toe. Draai regs by die stopteken en links by T-aansluiting. Die perseel is die tweede kleinhoewe op regterkant.
Vir inskrywing en meer inligting skakel Van der Merwe by 082 804 8866.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

 

Related Articles

Back to top button