Noordelikes spog met nuwe uitrusting

Goldwagen Noordelikes het hul belofte aan hul hoofborg nagekom deur nie op die veld teleur te stel nie en onlangs Letaba Rugbyklub in die eerste wedstryd van die jaarlikse Boet Fickliga in die stof laat byt. Die eerstespan het met ‘n 28-19 oorwinning van die veld gestap terwyl die tweedespan met 38-10 geseëvier het. Die …

Goldwagen Noordelikes het hul belofte aan hul hoofborg nagekom deur nie op die veld teleur te stel nie en onlangs Letaba Rugbyklub in die eerste wedstryd van die jaarlikse Boet Fickliga in die stof laat byt.
Die eerstespan het met ‘n 28-19 oorwinning van die veld gestap terwyl die tweedespan met 38-10 geseëvier het.
Die rooi masjien het onlangs nuwe uitrustings van verskeie borge ontvang wat kouse, truie en broeke insluit. Die borge sluit Goldwagen en The Courier Guy in.
“Borgskappe is baie belangrik vir klubrugby, veral omdat daar steeds besighede is wat spanne ten spyte van die ekonomiese klimaat borg. Nou is die spanne bereid om twee keer meer terug te gee deur op die veld te presteer,” sê hoofafrigter, Frederik Romijn.
Hy het dit duidelik gemaak dat Noordelikes in ‘n bevoorregte posisie is om drie spanne op die veld te stuur. “Ons sal nooit ‘n borgskap as vanselfsprekend aanvaar nie, maar deurentyd probeer teruggee. Ander klubs trek noustrop en ons is met goeie borge geseën. Daarom kan ons nie genoeg dankie sê nie.”
Noordelikes speel op 29 April in die derde ronde van die liga teen Potties Rugbyklub op hul tuisveld in die stad.

Storie en foto: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

 

Exit mobile version