Sport

Spanne veg vir behoud in liga

Pietersburg/Dendron Rugbyklub moes Saterdag behoorlik teen ‘n verbete Universiteit van Limpopo (UL)-span vasbyt, om uiteindelik hul Boet Fick-ligawedstryd naelskraap met 13-12 te wen. UL se eerstespan het vroeg in die wedstryd op die aanval gegaan met stut, Mongo Randy, wat die eerste drie aangeteken het. Die drie is nie verdoel nie en kort daarna het …

Pietersburg/Dendron Rugbyklub moes Saterdag behoorlik teen ‘n verbete Universiteit van Limpopo (UL)-span vasbyt, om uiteindelik hul Boet Fick-ligawedstryd naelskraap met 13-12 te wen.
UL se eerstespan het vroeg in die wedstryd op die aanval gegaan met stut, Mongo Randy, wat die eerste drie aangeteken het. Die drie is nie verdoel nie en kort daarna het Pietersburg/Dendron se vleuel, Shakes Lediga, ‘n drie in die hoek gaan druk. Ook dié drie het onverdoel gebly en teen rustyd was die telling gelykop met vyf punte elk.
UL-heelagter, Lesudi Kgotatso, het die tweede helfte van die stryd met ‘n drie begin waarna Randy dit verdoel het. In die doodsnikke van die kragmeting het Pietersburg/Dendron se reserwelosskakel, Juan Vos, punte vir sy span met ‘n drie tussen die pale verseker en kort daarna ook ‘n strafskop oorgeklits.
Die universiteitspan het hard teruggeveg, maar kon nie met ‘n strafskop in die laaste minute van die wedstryd slaag nie en moes die stryd gewonne gee. UL meet Saterdag op hul tuisveld teen die Universiteit van Venda kragte, terwyl Pietersburg/Dendron teen Phalaborwa Rugyklub in ‘n wedstryd op die teenstanders se veld te staan sal kom.

Storie en foto’s: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za

Charles van der Walt, losskakel van Pietersburg/Dendron, maak gereed om te skop.
Pietersburg/Dendron-vleuel, Shakes Lediga, teken sy span se eerste drie aan.
Mongo Randy verdoel spanmaat Lesudi Kgotatso se drie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button