Lenize sprankel in Nieu-Seeland

Voormalige leerder van Hoërskool Pie­tersburg (PHS) en Protea-netbalspeler, Lenize Potgieter het vandeesweek haar eerste wedstryd in Nieu-Seeland gespeel nadat sy onlangs tot dié land se Waikato Bay of Plenty Magic-span verkies is. Haar ma, Heleen sê Lenize het verlede jaar ‘n kontrak met die Nieu-Seelandse span wat deel van die premierliga is onderteken en op …

Voormalige leerder van Hoërskool Pie­tersburg (PHS) en Protea-netbalspeler, Lenize Potgieter het vandeesweek haar eerste wedstryd in Nieu-Seeland gespeel nadat sy onlangs tot dié land se Waikato Bay of Plenty Magic-span verkies is.
Haar ma, Heleen sê Lenize het verlede jaar ‘n kontrak met die Nieu-Seelandse span wat deel van die premierliga is onderteken en op 6 Januarie amptelik by hulle aangesluit.
“Spanne wat aan dié liga deelneem, mag een oorsese speler kontrakteer en Lenize is dié een speler,” sê Heleen trots.
Haar prioriteit lê steeds by die Proteaspan. In Januarie en Februarie was sy deel van die span tydens die Sansea Netball Quad Series in Durban waar hulle teen Engeland en Australië te staan gekom het.
Lenize het in haar matriekjaar in 2012 by Hoërskool Menlopark aangesluit waarna sy aan die Universiteit van Pretoria sportwetenskappe begin studeer het en gou as doel in die Proteaspan opgeneem is en reeds in 35 toetse vir die Suid-Afrikaanse span uitgedraf het.
Sy is ook vanjaar weer tot Gilbert Netball-ambassadeur herkies en sal as woordvoerder vir die sporttoerustingvervaardiger optree.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

 

Exit mobile version