Gesogte Mall of the North Marathon brei uit, vernuwe

Atlete kan reeds begin inskryf vir die grootste marathon in Limpopo wat op 1 April plaasvind en as Comrades-kwalifiseerder dien. Die topbyeenkoms wat jaarliks deur Pietersburg Road Runners (PRR) en Mall of the North gereël word, sluit vanjaar selfs rolstoelatlete in. Limpopo Toyota is die hoofborg van die prestige geleentheid wat jaarliks duisende atlete lok. …

Atlete kan reeds begin inskryf vir die grootste marathon in Limpopo wat op 1 April plaasvind en as Comrades-kwalifiseerder dien.
Die topbyeenkoms wat jaarliks deur Pietersburg Road Runners (PRR) en Mall of the North gereël word, sluit vanjaar selfs rolstoelatlete in. Limpopo Toyota is die hoofborg van die prestige geleentheid wat jaarliks duisende atlete lok.
“Opwindende nuus is dat die 10 km-, 21,1 km- en 42,2 km-roete op die R81 plaasvind en dat Polokwane Verkeersdepartement toestemming gegee het dat die openbare pad van 05:00 tot 12:00 gesluit sal wees om atlete se veiligheid te verseker. Geen verkeer sal toegelaat word nie en slegs alternatiewe roetes sal gebruik word. Ons is dankbaar vir die departement se goedkeuring en ondersteuning met die reuse tegemoetkoming,” sê Colinda Potgieter, voorsitter van PRR.
Benewens die marathon (42,2 km) vir atlete wat 20 jaar en ouer is word ‘n halfmarathon (21,1 km), ‘n 10 km-wedloop en ‘n 5 km-pretdraf ook aangebied. Rolstoelatlete kan aan enige van die drie afstande, uitsluitend die marathon deelneem.
Inskrywings kan vooraf aanlyn by www.mallofthenorth.co.za tot 25 Maart gedoen word of by die Mall of the North hulpkiosk (regoor Game-ingang) tot 31 Maart.
Aanlyninskrywings kan ook by pie­tersburgroadrunners@gmail.com tot 30 Maart of by Sportsmans Warehouse by Thornhill winkelsentrum tot 30 Maart gedoen word. Alternatiewelik kan atlete op 1 April by die wegspringplek in die oorloopparkeerarea van Mall of the North van 04:00 tot 05:45 registreer.
Polokwane Observer is die mediaborg. Sekondêre borge is Circle Printing & Signs, Creative Genie, ER24, First Technology Powerade, Remax, Sportsmans Warehouse, Talisman Hire, Veritas en Vodacom.
Vir enige navrae kan Potgieter by 082 898 8341 geskakel word.

Storie: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com

Bethuel Netshifefhe, wenner van 2016 se Mall of the North Marathon.
Die vroue opekategorie-wenner van 2016, Gladys Lukhwareni.
Exit mobile version