Byna 1 000 atlete tree aan vir eerste wedloop van die jaar

Limpopo se atlete het gewys dat hul honger vir goeie kompetisie is met byna 1 000 atlete wat Saterdag aan die jaarlikse Seeff 3-in-1 Road Race deelgeneem het. Die wedloop is die eerste amptelike wedloop op die jaarlikse kalender vir atlete in die provinsie wat na die vakansie weer skouer aan die wiel sit en …

Limpopo se atlete het gewys dat hul honger vir goeie kompetisie is met byna
1 000 atlete wat Saterdag aan die jaarlikse Seeff 3-in-1 Road Race deelgeneem het.
Die wedloop is die eerste amptelike wedloop op die jaarlikse kalender vir atlete in die provinsie wat na die vakansie weer skouer aan die wiel sit en spoedig in roetine wil kom.
Atlete het die 10 km- en
21,1 km-roete as gemaklik beskryf. Die 5 km-roete was ook baie gewild en is sommer vinnig deur Tewis Willemse van Hoërskool Pietersburg (PHS) kafgedraf.
In die 10 km het JJ van der Merwe die manswedloop in 31:59 afgeblits terwyl Wilthy Bophela die eerste vrou oor die wenstreep in ‘n tyd van 43:23 is.
Een van die stad se steratlete, Phuti Mohale het in die eerste 15 km van die 21,1 km-wedloop die pas aangegee, maar is stadig maar seker deur Lutendo Maphoto ingehaal. Maphoto het die wenstreep eerste met ‘n tyd van 1:08.24 oorgesteek terwyl Mohale met die tweede plek tevrede moes wees.
In die vroue-afdeling het Joyce Netshifhefhe onder die ander atlete uitgehardloop en die halfmarathon met byna ses minute voor die tweede atleet, Annatjie Botha voltooi. Neshifhefhe se tyd was 1:37.33.
Mohale, Maphoto en Netshi­fhefhe is atlete van Pietersburg Road Runners (PRR).

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Hooffoto: Die 10 km-wenner is JJ van der Merwe met ‘n tyd van 31:59.

Lutendo Mapoto van PRR wen die halfmarathon in 1:08.24.
PRR-atleet, Joyce Ntshi­fhefhe is die eerste vrou oor die wenstreep in die halfmarathon.
Die eerste atleet oor die wenstreep in die
5 km-pretdraf is Tewis Willemse.
Israel Madibane is die wenner van die meesterafdeling in die 21,1 km.
Die eerste grootmeester in die 10 km is Johannes Phago.
Die wenner in die
10 km-wedloop is Wilthy Bophela.
Phuti Mohale is die naaswenner in die 21,1 km.
Carmen Schoeman (regs) eindig tweede in die 10 km vroue-afdeling en is ook die eerste meesteratleet.
Exit mobile version