Sport

Noordelikes kroon vanjaar se topspelers

‘n Suksesvolle klub bestaan uit toegewyde spelers, ‘n top bestuurspan, gesoute afrigters en getroue borge. Dit was Goldwagen Noordelikes-voorsitter, Shaun van der Merwe se boodskap oor die suksesvolle jaar wat dié klub Vrydagaand met ‘n jaareindfunksie en prysuitdeling afgesluit het. “Die aand is vir niemand anders as die spelers gereël nie. Julle is die mense …

‘n Suksesvolle klub bestaan uit toegewyde spelers, ‘n top bestuurspan, gesoute afrigters en getroue borge.
Dit was Goldwagen Noordelikes-voorsitter, Shaun van der Merwe se boodskap oor die suksesvolle jaar wat dié klub Vrydagaand met ‘n jaareindfunksie en prysuitdeling afgesluit het.
“Die aand is vir niemand anders as die spelers gereël nie. Julle is die mense wat die klub laat leef en julle moet vir jul harde werk op die veld erkenning kry. Ons het ‘n goeie seisoen gehad waar ons verloor en gewen het. Die derdespan het die klub se naam hooggehou deur as wenners van die Boet Fickliga uit die stryd te tree,” sê Van der Merwe.
Hy het spelers geloof vir die wyse waarop hulle van die veld af optree. “Jong spelers en toekomstige klublede sien op na julle. Swak gedrag sal nuwe lede afskrik, maar ek is trots op elkeen se optrede.”
Theyman Jongbloed is as Sportman van die Jaar aangewys, terwyl Duncan van der Walt die spelers se Speler van die Jaar is.
Ricardo Varela het met die toekenning vir Klubman van die Jaar weggestap, die senior Speler van die Jaar is JP Swartz en JG Swanevelder is as junior Speler van die Jaar gekroon.
Noordelikes se Voorspeler van die Jaar is Malope Masemola, die beste jongman is Brendon Lehmann en die beste ouman Tienie Janse van Rensburg. JD van Heerden is as Toegewydste Speler van die Jaar aangewys en die Puntemaker van die Jaar is Zander Byleveld wat 86 punte gedurende die jaar aangeteken het.
Wouter de Villiers is as Agterlynspeler van die Jaar en Driedrukker van die Jaar aangewys nadat hy 18 drieë gedurende die seisoen aangeteken het.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Hooffoto: Wouter de Villiers is die Agterspeler en Driedukker van die Jaar.

Shane Minnie is Eerstespanspeler van die Jaar.
Shane Minnie is Eerstespanspeler van die Jaar.
Malope Masemola is die Voorspeler van die Jaar.
Malope Masemola is die Voorspeler van die Jaar.
Die Tweedespanspe­ler van die Jaar is Eugene van Tonder.
Die Tweedespanspe­ler van die Jaar is Eugene van Tonder.
Beste ouman is Tienie Janse van Rensburg.
Beste ouman is Tienie Janse van Rensburg.
Die Beste Vordering-trofee gaan aan Ruan Bakkes.
Die Beste Vordering-trofee gaan aan Ruan Bakkes.
Die beste jongman is Brendon Lehmann.
Die beste jongman is Brendon Lehmann.
Sias van Wyk is die o.21-Speler van die Jaar.
Sias van Wyk is die o.21-Speler van die Jaar.
Godknows Mavara is die Sewespeler van die Jaar.
Godknows Mavara is die Sewespeler van die Jaar.
JG Swanevelder is as junior Speler van die Jaar aangewys.
JG Swanevelder is as junior Speler van die Jaar aangewys.
Duncan van der Walt is die spelers se Speler van die Jaar.
Duncan van der Walt is die spelers se Speler van die Jaar.
Klubman van die Jaar is Ricardo Varela.
Klubman van die Jaar is Ricardo Varela.
Carl Lechner ontvang die trofeë as Span van die Jaar en Boet Fickligawenners namens die derdespan.
Carl Lechner ontvang die trofeë as Span van die Jaar en Boet Fickligawenners namens die derdespan.
Zander Byleveld maak 86 punte gedurende die seisoen bymekaar en word as Puntemaker van die Jaar aangewys.
Zander Byleveld maak 86 punte gedurende die seisoen bymekaar en word as Puntemaker van die Jaar aangewys.
Albert Oosthuizen word as Administrateur van die Jaar vereer.
Albert Oosthuizen word as Administrateur van die Jaar vereer.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button