Sport

Marius Lengton Gedenkbyeenkoms trek landwyd atlete

Die 31ste Marius Lengton Gedenkbyeenkoms wat onlangs deur Hoër Tegniese Skool Tom Naudé by die ou Peter Mokaba Stadion in die stad aangebied is, het weer topprestasies deur atlete opgelewer. Atlete van 19 skole vanuit Limpopo, Mpumalanga en selfs Gauteng het in die snikhete kragte gemeet en vier rekords laat spat. Hoërskool Rob Ferreira van …

Die 31ste Marius Lengton Gedenkbyeenkoms wat onlangs deur Hoër Tegniese Skool Tom Naudé by die ou Peter Mokaba Stadion in die stad aangebied is, het weer topprestasies deur atlete opgelewer.
Atlete van 19 skole vanuit Limpopo, Mpumalanga en selfs Gauteng het in die snikhete kragte gemeet en vier rekords laat spat. Hoërskool Rob Ferreira van Witrivier se spogatlete het die meeste medaljes gewen.
Thulani Lekhuleni van Hoërskool Rob Ferreira het ‘n nuwe rekord in die die 1 500 m vir seuns o.17 opgestel. Sy wentyd van 4:05.38 oortref die vorige rekord, 4:06.30 wat in 1995 aangeteken is. Nicky Bam van Hoërskool Pie­tersburg het die vorige o.14-hoogspringrekord van 1,83 m wat sedert 2005 gestaan het, met ‘n hoogte van 1,85 m laat spat.
Mudodzwa Luvha van Hoërskool Louis Trichardt, Lebogo Mapheto van Northern Academy en Marco McKenzie van Hoërskool Piet Potgieter het al drie die vorige o.14-verspringrekord van 5,89 m met afstande van onderskeidelik 6,20 m, 5,99 m en 5,96 m verbeter.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Hooffoto: Tebogo Motsopye van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé neem aan die o.15 gewigstoot vir meisies deel.

Nhlamulo Malungane van Hoërskool Noorderland neem aan die seuns o.16-spiesgooi-item deel.
Nhlamulo Malungane van Hoërskool Noorderland neem aan die seuns o.16-spiesgooi-item deel.
Hoërskool Noorderland se Dilemo Motsepe neem aan die o.14-gewigstoot vir seuns deel.
Hoërskool Noorderland se Dilemo Motsepe neem aan die o.14-gewigstoot vir seuns deel.
Curro Heuwelkruin se o.14-atleet, Danae Marais behendig met die werpskyf.
Curro Heuwelkruin se o.14-atleet, Danae Marais behendig met die werpskyf.
Kgaogelo Thobakgale van Northern Academy in aksie in die die  o.15-hoogspring vir seuns.
Kgaogelo Thobakgale van Northern Academy in aksie in die die o.15-hoogspring vir seuns.

Related Articles

Back to top button